Politieke jaar sluit af met gemengde sukses

Die 2023 politieke jaar is afgesluit met gemengde sukses wat politieke aktiwiteite en parlementêre sittings betref. Tydens die sluitingsfase van die parlementêre sittings moes ‘n aantal sittings afgelas word as gevolg van geen kworum wat gevul kon word nie. Met volgende jaar se presidensiële en algemene verkiesings in gedagte, kan daar verwag word dat dit ‘n besige politieke jaar sal wees. Die LPM-parlementslid Utaara Mootu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit sal vir hulle besigheid soos gewoonlik wees, maar hulle gaan meer druk uitoefen op spesifiek openbare beleidskwessies.