Polisieminister verbind hom tot misdaadvrye boupersele
Polisieminister Senzo Mchunu, herbevestig die Suid-Afrikaanse Polisiediens is daartoe verbind om georganiseerde misdaad by boupersele uit te skakel, waar hulle sleutelprojekte ontwrig en ekonomiese groei in die wiele ry. Mchunu het by die Nasionale Bouberaad van die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur in Durban samewerking tussen die staat en privaat vennote belowe om veilige, misdaadvrye boupersele te skep. Hy het ook bou-ondernemings versoek om misdaad onverwyld aan te meld.