Polisiekommissaris soek lyfkameras vir lede

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, is ‘n voorstander van lyfkameras om polisiebeamptes te monitor. Dit volg na ‘n week waarin meer as 12 beamptes op verskeie aanklagte in howe verskyn het. Patekile het die belangrikheid van aanspreeklikheid benadruk. Hy het onthul dat sedert April, sowat 32 polisiebeamptes in die provinsie afgedank is. Hy het ‘n ernstige waarskuwing aan lede gerig om hulle te weerhou van onwettige optrede.