Polisiehoof eis ondersoek na aanranding

Die kommissaris van Polisie in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het ‘n ondersoek gelas na wangedrag deur die polisie, soos vasgevang op geslotebaantelevisie in Tongaat. Die beeldmateriaal toon hoe beamptes ‘n man sonder provokasie aanrand. Mhkwanazi eis ‘n volledige verslag en regstellende optrede teen diegene wat die gedragskode en die grondwet oortree. Die woordvoerder van die Polisie, Robert Netshiunda, maan beamptes om die wet te gehoorsaam.