Polisiebeampte onder verdagtes in neef, niggie se ontvoering

Nog twee mense, insluitend ‘n polisiebeampte, is aangekeer in verband met die ontvoering van ‘n neef en niggie, Zahraa en Bataviya Mohammed in Noordwes. Hulle is op die sesde van die maand in Hartbeespoort ontvoer terwyl hulle op pad skool toe was en is Maandagaand in ‘n huis in New Stands, Klipgat gevind. ‘n Polisiewoordvoerder in Noordwes, Sabata Mokgwabone, sê die beampte wat in hegtenis geneem is, is ‘n sersant verbonde aan die Letlhabile-speurafdeling.