Polisie weens betoging in Oos-Kaap ontplooi

Die Amathole-burgemeester, Onke Mgunculu, sê paaie wat deur betogers in Keiskammahoek in die Oos-Kaap gesluit is, is weer oop en inwoners kan hul kruisies gaan trek. Dit volg nadat inwoners oor grondeise betoog en geweier het om te stem. Mgunculu sê wetstoepassingsagentskappe is ontplooi om die betoging dop te hou.