Polisie slaan toe op Gaza-betogers by gesiene Amerikaanse universiteite
Die polisie het by twee gesiene Amerikaanse universiteite toegeslaan op studente wat betoog teen die oorlog in Gaza terwyl die onrus op kampusse regoor die land voortduur. Minstens tien mense is in hegtenis geneem by die Massachusetts-instituut vir Tegnologie naby Boston. By die Universiteit van Pennsylvania in Philadelphia het polisielede in taktiese uitrusting tientalle studente verwyder wat ‘n ketting gevorm het rondom die standbeeld van Benjamin Franklin. Studente het nie weerstand gebied nie en die optrede was relatief vreedsaam.