Polisie-sersant wat blykbaar renosterhoring steel, weer in hof vandag

’n Lid van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne in die Otjozondjupa-streek, wat aangekla word van die beweerde diefstal van ’n renosterhoring wat onder sy sorg geplaas is, se saak sal weer vandag in die Otjiwarongo-landdroshof voorkom. Landdros Peingondjabi Shipo het die 45-jarige sersant Salatiel Simon vroeg in Desember op borgtog van 10 000 Namibiese dollar vrygelaat, op voorwaarde dat hy nie die distrik van Otjiwarongo verlaat sonder om ondersoekbeamptes in te lig nie. Na bewering is ses horings van swartrenosters wat by ‘n wildreservaat in die Kunene-streek onthoring is, tussen 30 September en 3 Oktober verlede jaar vir Simon vir veilige bewaring gegee. Hy het glo net vyf horings by die Otjiwarongo-polisiestasie ingehandig en kon nie ‘n verduideliking oor die sesde horing gee nie. Die vermiste horing is in Angola opgespoor.