Polisie sê werker het self gesteel, voertuig beskadig

Die toer-maatskappy Wilderness Safaris se plasing op sosiale media dat een van hulle bestuurders op die pad tussen Outjo en Khorixas beroof is, is tegnies korrek maar, die waarheid ontbreek. Die polisie in Kunene het bevestig dat die bestuurder nie beroof is nie maar dat hy self die geld gesteel het, die voertuig se voorruit stukkend geslaan het en die bande stukkend gesteek het. Hy het beweer hy is by ‘n vals padblokkade gestop, met ‘n geweer gedreig en beroof.