Polisie ondersoek sterftes na nog ‘n brand in Kuisebmond
Die Erongo-polisie sê ‘n nadoodse ondersoek is gelas na ‘n ma, 38, en haar dogter, 16, dood is in ‘n brand in Kuisebmond. Ses informele huise is in die brand verwoes en volgens die beskikbare inligting, was die skuilings in ‘n formele erf, agter ‘n huis opgerig. Dit kom na 12 informele skuilings oor die naweek, ook in Kuisebmond afgebrand het en 26 families haweloos gelaat het. Daar was beserings maar geen sterftes aangemeld nie. Informele nedersettings aan die kus is uiters problematies as gevolg van die feit dat meeste van hout gebou word en daar geen elektrisiteit is nie.