Polisie ‘kon Outapi IPC-voorval beter hanteer’

Die polisie het Saterdag ‘n 73-jarige vermeende Swapo-ondersteuner gearresteer nadat hy na bewering met sy motor in ‘n byeenkoms van IPC-lede by die Okalonda-lokasie by Outapi, waar die opposisieparty ‘n saamtrek gehou het, gery het. Die verdagte het na bewering ‘n 47-jarige IPC-lid gestamp, ‘n knieskyf ontwrig en ‘n oop wond toegedien. Die IPC se woordvoerder, Imms Nashinge, sê partypresident, Panduleni Itula, het ongedeerd daarvan afgekom toe hy daarin geslaag het om uit die voertuig se pad te spring. Die verdagte sou vandag in die hof verskyn. Reaksie is ontvang van Frederico Links, van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing.