Polisie keer vermeende veediewe na jaagtog aan

Twee vermeende veediewe is na ‘n wilde jaagtog op die B1-pad in Okahandja vasgetrek. NamPol-lede was om 3-uur Dinsdagoggend besig om die pad noord van Okahandja te patrolleer toe hulle ‘n suspisieuse bakkie met Windhoek-registrasienommers wou aftrek. Die bestuurder het weggejaag en is agternagesit, en die bakkie is by die verkeersligte oorkant die Okahandja inkopiesentrum vasgekeer. Die vars karkasse van vier beeste dollar is na bewering op die bakkie gevind. Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal môre in die dorp se landdroshof verskyn op aanklagte van veediefstal en die besit van vermoedelik gesteelde vleis ter waarde van 55 000 Namibiese dollar.