Polisie keer Monte Christo-diensstasie roof-verdagtes aan

Drie mans is vanoggend in Katutura gearresteer na die Monte Christo-diensstasie Dinsdag-oggend beroof is. Niks van die gesteelde geld is teruggevind nie. Die roof in die Lafrenz Nywerheidsgebied het omstreeks 20 minute oor 10 plaasgevind en net minder as 790 000 Namibiese dollar in kontant is gesteel. Volgens die polisie het drie verdagtes die vulstasie binnegekom, die vuurwapen op die kassiere gerig, die kantoor binnegegaan waar die bestuurder was en drie kontant houers wat voorberei vir transito-vervoer, gevat. Die vierde verdagte het in ‘n blou Mazda Demio-voertuig buite gewag.