Polisie jag Swakopmund bom-dreigers
Die Namibiese polisie beskou die bomdreigemente wat by skole in Swakopmund gemaak is in ‘n baie ernstige lig en sê hulle het ‘n intensiewe ondersoek daarna geloods. Volgens die mag het die hoofde van die Swakopmund Private Schulle in Vineta en die Pro-Ed Academy in Ocean View Vrydagoggend aparte e-posse op die skole se addresse gekry wat gesê het “ploftoestelle is besig om geplant te word”. Die posse het ook haat-notas en dreigemente om mense te beseer of skade aan te doen bevat, maar die potensiële slagoffers is nie geïdentifiseer nie. Polisielede het dadelik beide skole deursoek maar geen bomme gevind nie.