Polisie jaag stropers op Seeis, kom op dagga-landery af

Die Namibiese polisie het op ‘n dagga-plantasie afgekom tydens ‘n ondersoek na wildstropery. Volgens die weeklikse misdaadverslag, was lede van die mag op die spoor van drie verdagtes wat blykbaar drie gemsbokke op plaas Suliman naby Seeis geskiet het. Hulle het ook blykbaar ‘n watertenk gesteel. Die drie, almal Namibiërs, is uiteindelik op Witvlei met die vleis en die tenk voorgekeer. Met verdere ondersoek daarna op die plaas, het hulle op die dagga-landery afgekom. ‘n 35-jarige verdagte is in die verband ook agter tralies. Die ondersoek duur voort.