Polisie help blykbaar gevangenes in Kenia om te ontsnap
Vyf Keniaanse polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n vermeende reeksmoordenaar en 12 Eritrese burgers gehelp het om uit ‘n polisiestasie in Nairobi te ontsnap. Aanklaers het ‘n hof gevra om die polisiemanne vir twee weke aan te hou sodat ‘n ondersoek na hul beweerde betrokkenheid voltooi kan word. Onder die ontsnaptes was Collins Jumaisi, wat in hegtenis geneem weens die moord op minstens ses vroue wie se liggame in plastieksakke toegedraai in ‘n ou steengroef gevind is. Die polisie sê Jumaisi het erken dat hy 42 vroue, insluitend sy vrou, vermoor het, maar sy prokureur het aan ‘n hof gesê hy is gemartel om ‘n bekentenis af te lê.