Polisie en taxi-eienaars span saam teen plundering in KZN 

Die polisie in KwaZulu-Natal en taxi-eienaars het saamgespan om moontlike voorvalle van plundering in die Hammarsdale-omgewing te voorkom. Dit volg nadat ‘n privaat sekerheidsonderneming inligting ontvang het dat  winkels in Hammarsdale Junction deur ‘n groep plunderaars geteiken gaan word. Polisielede het in groot getalle saam met die taxi-eienaars en sekerheidsondernemings by die winkelsentrum aangekom. Niks is geplunder of beskadig nie, en geen beserings is aangemeld nie, maar daar is wel motorbande in die pad aan die brand gesteek.