Polisie, doeane slaan toe by lughawe
‘n Buitelandse man is by die Hosea Kutako-lughawe deur die polisie en doeane-beamptes aangekeer nadat hy vir ‘n siftingstoets gekies is en blootstelling aan kokaïne opgemerk is. Die man, wat op ‘n vlug uit Addis Abeba in Ethiopië aangeland het, is na die Katutura-hospitaal geneem vir X-straal foto’s, waar voorwerpe in sy maag gesien is. Hy het 85 kapsules uitgeskei wat vermoedelik kokaïne bevat, sê die polisie. Laboratoriumtoetse moet nog op die inhoud van die kapsules gedoen word om te bepaal wat dit is. Nog ‘n verdagte wat ook vermoedelik in besit is van verbode dwelms word ook deur ‘n siftingsproses gesit, volgens die polisie.