Polis-uitbetalings, -dekking in die nuus

Voordat hulle vir ‘n lewensversekeringspolis aansoek doen, word van begunstigdes vereis om hul lewenslange gesondheidskwessies bekend te maak. Dit kan daartoe lei dat ‘n hoër maandelikse premie op hul polis gehef word, of die polis afgekeur word. Indien ‘n lewenslange toestand egter tydens die aktiewe lewensversekering ontstaan, word daar van maatskappye verwag om die polis uit te betaal. Dit sluit in gevalle waar begunstigdes ongeskik vir werk verklaar word. Christopher Freygang, die produkbemarkingspesialis vir persoonlike finansies by Old Mutual, het meer aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.