Polio-uitbreking in Gaza

Gaza se gesondheidsministerie het ‘n polio-uitbreking verklaar, en blameer Israel se verwoestende militêre offensief vir die verspreiding van die dodelike virus. Die ministerie sê dit is ‘n terugslag vir die wêreldwye polio-uitwissingsprogram en het onmiddellike ingryping gevra om die Israeliese aggressie te beëindig en radikale oplossings te vind vir ‘n gebrek aan drinkbare water en persoonlike higiëne, beskadigde rioolnetwerke en die verwydering van tonne van rommel en vaste afval. Die WGO het ‘n miljoen dosisse entstof gereed maar sukkel om dit versprei te kry.