Polio in Botswana: Shangula sê dit word gemonitor
Namibië het polio in die land onder beheer, terwyl Botswana ‘n inentingsveldtog teen die siekte van stapel gestuur het. Dit volg nadat polio-gevalle in die land bevestig is. Die buurland se gesondheids-permanente sekretaris dr. Christopher Nyanga sê kinders onder die ouderdom van sewe word geteiken vir die mondelinge inenting. Die Namibiese gesondheidsminster dr. Kalumbi Shangula het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die situasie dopgehou word, maar daar is geen rede tot kommer nie.