Pole wil sy eerste Spele aanbied in 2040 of ’44

Olimpiese Spele: Pole beplan om te bie vir die Spele in 2040 of ’44. Eerste minister Donald Tusk sê die besluit word toegewy aan die jong atlete van vandag. President Andrzej Duda het verlede jaar aangekondig die land wil ‘n bod indien vir 2036. Pole het nog nooit tevore die Spele aangebied nie maar het in 2012 die Europese Sokkerkampioenskap saam met Oekraïne aangebied, en was verlede jaar gasheer vir die Europese Spele. Die Duitse hoofstad, Berlyn, wil ook die Spele in 2040 aanbied, na ‘n afwesigheid van 104 jaar.