Pole het kommer oor Wagner-soldate wat al nader beweeg

’n Groep van honderd soldate van die Russiese Wagner-groep het nader aan die stad Grodno in Belarus naby die Poolse grens beweeg. Die land se premier Mateusz Morawiecki sê die situasie word al hoe gevaarliker. Hy sê Wagner personeel sal hul voordoen as grensmagte van Belarus en migrante toelaat om Pole binne te gaan om die land te destabiliseer. Pole, ‘n voormalige lid van die Warskou-verdrag wat sedert 1999 ‘n volle lid van die VSA-geleide Navo-militêre alliansie is, is bekommerd oor die moontlike oorstroming van geweld na sy grondgebied. Vroeër die maand het Pole meer as 1 000 troepe na die ooste van die land verskuif.