Pole betaal Walus se deportasie, nie SA
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het dit duidelik gemaak Suid-Afrikaanse belastingbetalers is nie aanspreeklik vir die koste verbonde aan Janusz Waluś se deportasie na Pole nie. Die Konstitusionele Hof het hom in November 2022 parool toegestaan nadat hy 28-jaar tronkstraf uitgedien het vir die sluipmoord op die SAKP-leier, Chris Hani, in 1993. Schreiber het bevestig Waluś sal vandag teruggestuur word na sy vaderland nadat hy sy parooltydperk voltooi het.