Pohamba spreek onwettige sandmyn-bedrywe aan

Vier-en-twintig omgewingsbeamptes is by ‘n geleentheid in die hoofstad aangestel. Omgewingsake-minister Pohamba Shifeta, het in ‘n toespraak die kwessie van sandmynbou aangespreek. Ongereguleerde en onwettige sandmynbou is sedert 2015 ‘n groot bekommernis in Namibië. Dit is weens die ernstige vernietiging van die omgewing en die gevaar wat die ongerehabiliteerde sandmynputte vir mense, vee en wild inhou. Volgens Shifeta het plaaslike owerhede nie die magtiging om toestemming vir sandmyne te gee nie.