Pogings vir Gaza-vrede is onvoldoende

Die Verenigde Nasies se humanitêre hoof, Martin Griffiths, kritiseer leiers in konflikgebiede wat mag bo mense se behoeftes stel. Griffiths het in ‘n onderhoud die verskriklike gevolge uitgelig vir miljoene wat vasgevang is in geweld. Griffiths sê pogings om die Israel-Hamas-konflik op te los is onvoldoende. Hy beklemtoon die dringende behoefte aan meer humanitêre hulp en politieke diplomasie om konflikte te beëindig en ontheemde bevolkings te ondersteun: