Pogings om wateronderbrekings in SA aan te spreek, onderweg

Die Suid-Afrikaanse Departement van Water en Sanitasie sê daar is in sommige dele van die land steeds ernstige waterprobleme en pogings is aan die gang om die onvoldoende watervoorsiening reg te stel. Die departement se waarnemende woordvoerder, Andile Tshona, sê die streeks- grootmaat-infrastruktuurtoelaag sal gebruik word om waterinfrastruktuur te bou, op te gradeer en op te knap om te voldoen aan die eise van die gemeenskappe wat hulle bedien: