Pogings om van gryslys te kom kry hupstoot
Die regering het tegniese bystand van die EU se globale fasiliteit vir die bekamping van geldwassery en die finansiering van terrorisme versoek, om verslagdoening oor voordelige eienaarskap te verbeter. Dit is om van die Finansiële Taakmag se gryslys verwyder te word. ‘n Werkswinkel hieroor het in die hoofstad afgeskop. Verteenwoordigers van belangrike regeringsagentskappe woon dit by. Die EU-ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins, gee meer inligting.