Pogings om twee ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee vry te laat duur voort
Die families van Frik Potgieter en Peter Huxham, twee Suid-Afrikaanse ingenieurs wat onwettig in Ekwatoriaal-Guinee in die tronk is, pleit by die parlementêre portefeulje komitee oor Internasionale Betrekkinge om hulle vrylating voorop te stel. Die VN het hulle aanhouding as onwettig verklaar. Tydens ‘n vergadering het komiteevoorsitter, Supra Mahumapelo, ingestem om op te tree en die minister en die departement gevra om verslag te doen oor hulle pogings om die mans vrygelaat te kry.