Pogings om te skik in Johan Meyer-siviele saak

Die siviele geding teen Johan Meyer sal weer op 13 Maart in die hoërhof voorkom. Die partye is besig om te skik na die pa van Hendrina Mupolo hom vir skadevergoeding van 5 miljoen Namibiese dollar gedagvaar het. Meyer het in Mei 2022 die nege-jarige dogtertjie raak gery op sy kleinhoewe buite Mariental en sy het aan haar beserings beswyk. Beide ouers het eers gedagvaar, elk vir 5 miljoen dollar maar Hendrina se ma, Annemarie Auchumus het haar saak teruggetrek. Net haar pa, Elias, se eis duur voort. Regter Collins Parker hoor die saak aan.