Pogings om sprinkaanplaag in die suide te bestry

Die Namibiese landbouministerie sê hulle doen hulle bes om die sprinkaanplaag in die
Suide te bestry. Boere in die Suide sukkel met ‘n uitgebreide sprinkaanplaag wat op die
oomblik weiding verwoes. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Percy Misika,
doen ‘n berop op boere om ‘n opname van die sprinkane op hul plase te doen en aan
die ministerie te rapporteer.