Pogba ontken hy het aspris opkikkers gebruik

Die Juventus-middelveldspeler Paul Pogba sê hy aanvaar volle verantwoordelikheid vir die dwelmtoets wat hy gedop het maar beklemtoon hy is nie oneerlik nie. Die 31-jarige is in Februarie vier jaar lank verbied nadat hy positief getoets het vir sintetiese testosteroon. Die verbod is vroeër die maand verminder na 18 maande nadat die Arbitrasiehof vir Sport aanvaar het sy inname was nie opsetlik nie. Pogba het aan Sky Sport gesê hy moes drie maal seker gemaak het voordat hy die aanvulling geneem het: