Pogačar is nie by die Spele nie

Die Tour de France-fietsrykampioen, Tadej Pogačar, gaan nie aan die Spele in Parys deelneem nie. Die Sloweense Olimpiese Komitee sê hy is weens uitputting nie gekies nie, nadat hy Sondag sy derde Tour de France gewen het. Pogačar en die Nederlander, Mathieu van der Poel, was gunstelinge vir die Olimpiese padwedren wat op die derde van volgende maand plaasvind. Pogačar word vervang met sy kollega in die nasionale span, Domen Novak. Die verdedigende Olimpiese kampioen, Richard Carapaz van Ecuador, is ook nie gekies nie.