Poetin-opponent van verkiesing gediskwalifiseer

Voormalige TV-joernalis Yekaterina Duntsova is gediskwalifiseer as ‘n kandidaat vir Rusland se volgende presidensiële verkiesing, wat haar verhinder om teen Vladimir Poetin op ‘n platform van opposisie teen die oorlog in die Oekraïne te staan. Lede van die sentrale verkiesingskommissie het eenparig gestem om haar kandidatuur te verwerp. Poetin se kritici sê die besluit wys dat niemand met opregte opposisie-standpunte toegelaat sal word om volgende Maart teen hom te staan nie.