Poemas klop Haaie, Cheetahs wen leeus
Rugby: Die Poemas het die Haaie gisteraand in Durban oortuigend met 20-10 in ‘n Curriebekerwedstryd geklop. Die Poemas het met dié uitslag ‘n bietjie ingehaal teen die Griekwas wat in die vierde plek is met slegs een-punt verskil tussen die twee spanne. In Johannesburg moes die Cheetahs alles uithaal vir hulle oorwinning van 35-26 oor die Leeus. Die Vrystaters is steeds dié seisoen onoorwonne. Die span van die Bulle, wat wemel van spelers uit die Verenigde Rugbykampioenskap, meet vanmiddag kragte met die Griekwas in Pretoria.