Pochettino sê Chelsea is beste span in Engeland
Die voormalige Tottenham Hotspur-baas, Mauricio Pochettino, het Chelsea as die beste span in Engeland beskryf. Die 51-jarige Argentyn het gister in sy nuwe bestuurspos as Chelsea-baas begin en terselfdertyd vir die eerste keer na die Premierliga teruggekeer sedert hy meer as drie-en-‘n-half jaar gelede deur Spurs afgedank is. Die Blues het sedert 2004 21 trofeë ingepalm waaronder vyf Premierligas en twee Kampioenskapsligas. Hulle het verlede seisoen egter 12de geëindig en twee bestuurders afgedank. Pochettino sê hy is opgewonde om met ‘n jong span te werk: