Pluimvee-produsente reageer op hemelhoë eierpryse

Die Pluimvee-produsentevereniging het sy reaksie gegee op die prys van eiers wat wêreldwyd rekordhoogtes bereik het. ’n Studie deur Rabobank toon eier-verskaffers en -verbruikers sukkel om stygende pryse die hoof te bied. Sedert verlede jaar het eierpryse met meer as 100 persent gestyg. Die studie voorspel dat die pryse regdeur vanjaar hoog sal bly. Bydraende faktore sluit in die stygende koste van voer, uitbrekings van voëlgriep en ‘n groeiende verbruikersvraag. Rene Wentcher, voorsitter van die vereniging praat met Kosmos 94.1 Nuus oor wat die situasie in Namibië is.