Pluimvee-invoere vanaf SA sal plaaslike produsente raak

Hoender- en pluimvee-produkte word weer vanaf Suid-Afrika ingevoer nadat die verbod wat weens voëlgriep ingestel is, opgehef is. Invoere word net toegelaat vanaf produsente wat binne die sogenaamde voëlgriep-vry kompartemente is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rene Werner, die voormalige voorsitter van die Pluimveeprodusentevereniging, oor of dit goeie nuus is of nie.