Pluimvee-boere moet versigtig wees in die winter
Hoender word as die goedkoopste bron van proteïen geag en ook die mees doeltreffendste manier vir kleinskaalse produsente om landbou te betree en kos te verskaf. Maar, die oorgang van somer na winter bied uitdagings vir pluimveeboere, aangesien koue weer die voëls se vatbaarheid vir siektes verhoog, wat tot hoër sterftesyfers lei. Om hierdie risiko’s te versag, moet boere winterbedekkings gebruik om pluimvee teen wind- en kouestremming te beskerm en broeiperiodes te verleng. Hulle moet ook behoorlike verhitting in hoenderhokke op koue nagte verseker. Om hierdie maatreëls te prioritiseer is van kardinale belang vir die handhawing van die welstand van pluimvee in die winter. Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee by Agribank, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee raad aan pluimveeboere.