Plek-plek reën, erge hitte op pad

Daar is reën op pad, maar nie oral in die land nie. Volgens die Namibië Meteorologiese Dienste word matige tot swaar reënval môre in die Zambezi-streek verwag, wat Sondag na die Ohangwena-, Oshikoto-oos- en Otjozondjupa-streke sal versprei, waar buie plek-plek sal val. Hittegolftoestande word egter oor die naweek tot volgende week in die suide en die noordelike streke verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met weervoorspeller Richard Nashikaku gepraat, wat ‘n meer volledige oorsig verskaf.