Platinum-mynwerkers staak ondergronds

Die Bakubung Platinum-myn versoek sy werkers in die Boshoek-myn in Rustenburg, Noordwes, om kalm te bly aangesien hulle hul eise vinnig probeer oplos. Die bestuur het berigte ontvang van ‘n ondergrondse sitstaking op vlak 77. Die bestuur en die leierskap van georganiseerde arbeid het begin met ‘n ondersoek om vas te stel wat die kwessies is met die doel om dit vinnig op te los. Die myn se hoofbestuurder, Stanley Lebethe, sê die werkers het hulle uitvaltyd misgeloop omdat hulle steeds ondergronds is.