Plastiekbesoedeling in die see word plaaslik aangespreek
Ocean Conservation Namibia verskerp hulle pogings om plastiekbesoedeling te bekamp, wat ‘n wesenlike bedreiging vir die seelewe in Namibië inhou. Hul inisiatiewe, soos die redding van robbe wat in visgerei verstrengel is en die bewusmaking van die gevare van plastiekafval, is van kardinale belang terwyl kusgebiede vir die feestyd voorberei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, wat die belangrikheid beklemtoon om te verhoed dat vreemde materiale in die see land.