Plastiek ‘gaan Afrika verswelg’

Plastiek-afval is besig om buite beheer te word regoor Afrika, waar dit vinniger toeneem as enige plek anders in die wêreld. Genoeg plastiek om ‘n sokkerveld te bedek word elke minuut openlik weggegooi of verbrand in Afrika suid van die Sahara, sê die welsynsorganisasie Tearfund. As dit so aangaan sal die kontinent jaarliks 116 miljoen ton plastiek-afval genereer, wat 6 keer meer is as die 18 miljoen ton wat in 2019 weggegooi is. Die grootste aandrywer van plastiek-besoedeling hier is die vraag na voertuie en ander produkte, te midde van stygende inkomstes vir die jeug en bevolkingsgroei.