Planne vir litiumverwerking verwelkom
Konstruksie aan ‘n litium-verwerkingsaanleg by Karibib is in die nabye toekoms, nadat die Australiese litium-verwerker Lepidico 950 miljoen Namibiese dollar bevestig het vir die projek, wat uit twee fases bestaan. Volgens The Brief sal albei fases van die projek rondom 1,2 miljard Namibiese dollar beloop. Die nuus kom na die aankondiging deur die regering dat geen onverwerkte litium of ander aardmetale meer die land mag verlaat nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die besigheidsman Leake Hangala gepraat, wat onlangs sy ondersteuning vir die stap uitgespreek het.