Planne om indringerplante, ook Prosopis, te oes en bestuur in Suide

Nevunduko Consultancy Services gee kennis dat hy aansoek sal doen vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat om indringerspesies, wat Prosopis insluit, te oes en te bestuur in die gebied van Gibeon sowel as Mariental. Die bome neem veral rivierbeddings oor en in dele van die Suide, veral in die Auob is daar honderde bome wat klein woude vorm. Die probleem het uitgebrei en die spesies word nou in die oorgrenspark in Botswana waargeneem. Nevunduko sê ‘n openbare vergadering word môre om twee-uur op Gibeon in die dorpsraadsaal gehou en Saterdag, ook twee-uur op Mariental by die Tahiti-gastehuis.