Planne om hoendervleis uit te voer vorder, maar sukkel

Meer inligting is bekom oor die planne van die Pluimvee Produsente-vereniging om hoendervleis en eiers na Suid-Afrika en Europa uit te voer, veral in verband met die herhaalde uitbrekings van voëlgriep in beide die buurland en lande in Europa. Volgens die voorsitter van die vereniging Rene Wentscher, word die reëlings tans getref maar, daar is uitdagings.