Plan vir Afrika-krag moeilik haalbaar

Die Wêreldbank en Afrika Ontwikkelingsbank het gesamentlik ‘n ambisieuse plan aangekondig om 300 miljoen mense in Afrika toegang tot bekostigbare elektrisiteit teen 2030 te verseker. Die gesamentlike verbintenis is ‘n belangrike stap om die uitdaging van toegang tot energie aan te spreek. Samewerkende pogings oor verskeie sektore, insluitend die finansiële sektor, regerings en die privaat sektor, is nodig om hierdie doel te bereik. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, gesels oor of die banke se doelwitte haalbaar is.