Plakkers by Kasteel oplaas verwyder
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die uitsetting van onwettige besetters by die Kasteel die Goeie Hoop is vanoggend afgehandel. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het in September ʼn uitsettingsbevel aan die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur toegestaan en die hawelose gemeenskap tot 17 Oktober tyd gegee om die gebied te ontruim. Hill-Lewis sê die uitsetting is uitgevoer onder bevel van die balju van die hof en met die hulp van die polisie.