Plaaswerkers steeds uitgebuit in sekere distrikte

Die buurland se Arbeid-departement sê die uitbuiting en swak behandeling van werkers en die minagting van die land se arbeidswette gaan ongehinderd voor op plekke in die landbousektor in die Ehlanzeni-distrik in Mpumalanga. Die departement het vandeesweek nakomings-inspeksies in die provinsie gehou. Die woordvoerder, Petunia Lessing, sê nie-nakoming kom onder meer voor in die vorm van werkers wat nie by die werkloosheidsversekeringsfonds geregistreer word nie, wat betref vergoeding vir beserings aan diens, en in die geval van salarisse wat laer is as die minimumloon.