Plaaswerkers se minimumloon styg met 10% op 1 Oktober

Die onderhandelinge vir die hernuwing van die minimumloon vir plaaswerkers is suksesvol afgehandel. Die Namibiese Landbou-unie sê die nuwe ooreenkoms is op 1 September deur die vier partye onderteken. Die vier partye is die Landbouwerkgewers-vereniging, die Namibiese Ontluikende Kommersiële Boere-unie, die Namibiese Nasionale Boere-unie en die Namibiese Landbou-werkersvakbond. Die nuwe minimumloon sal op 1 Oktober in werking tree en word met 10 persent verhoog vir beide die kontantloon en rantsoene. Die minimum kontantloon styg na 6 Namibiese dollar per uur.